23. “Die mense van Jerusalem dink dis ’n fout, want het hulle nie ’n ooreenkoms met die koning van Babilon aangegaan nie? Maar die koning van Babilon herinner hulle aan hulle opstandigheid. Hy val hulle aan en neem hulle gevange.
24. “Daarom sê die oppermagtige Here: Weer en weer het julle gewys hoe skuldig julle is. Julle kry nie eers skaam oor julle opstandigheid nie! Julle probeer dit nie eens wegsteek nie. Waar julle gaan en wat julle doen, alles is net sonde! Daarom het die tyd gekom dat julle gestraf word.
25. “Korrupte en slegte leier van Israel, jou dag van afrekening het aangebreek.
26. Haal af jou kopdoek en jou kroon, sê die oppermagtige Here. “Alles het verander. Die magteloses word nou verhoog, en die magtiges word verneder.
27. Ek vernietig! Ek vernietig die koninkryk! En dit sal nie herstel word nie tot die een kom wat regverdig oordeel. Dan gee Ek dit oor in sy hand.”
28. “En nou, mensekind, profeteer oor die Ammoniete en hulle gespot. Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: “Ek het my swaard getrek vir die slagting! Dit is skerp gemaak om te vernietig en dit blits soos weerlig!
29. Jou towenaars en vals profetesien gesigte wat nie bestaan nie en vertel leuens oor die oorlog. En nou breek die oorlog uit teen mense wat boos is. Die finale dag van afrekening het vir hulle aangebreek.
30. Sal Ek die swaard terugsitvoordat Ek met jou afgereken het?Nee, Ek vernietig jou in jou eie land, die land waar jy gebore is.
31. Ek stort my wraak uit oor jou. Ek koel my woede af op jou. Ek gee jou oor aan wrede mense wat weet hoe om mense te vernietig.
32. Jy is brandstof vir die vuur. Jou bloed loop in jou eie land. Jy sal volledig uitgeroei word. Niemand sal jou meer onthou nie!“Ek, die Here, het so gesê.”