Esegiël 18:10-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. “Sê nou hierdie man het ’n seun wat ’n rower of moordenaar word. Hy weier om te doen wat reg is.

11. Hierdie seun doen al die bose dinge wat sy pa nooit sou doen nie: “Hy aanbid afgode op die berge en slaap by ander se vroue.

12. Hy verdruk arm en hulpelose mense. Hy beroof menseen gee nie goed terug wat hy in pand geneem het nie. Hy soek hulp by afgode en pleeg afskuwelike dade.

13. Hy leen geld uit op rente en eis woekerwins. “Sal so ’n mens lewe? Nee, hy het afskuwelike dinge gedoen en hy moet doodgemaak word. Hy moet die volle blaam dra.

14. “Veronderstel nou hierdie sondige seun het weer ’n seun wat sy pa se afskuwelike gedrag sien, maar besluit om nie so te lewe nie.

15. “Hy weier om op die berge afgode te aanbiden soek nie hulp by die afgode nie. Hy slaap nie by die vrou van ’n ander man nie.

16. Hy verdruk nie arm mense nie en vat niks in pand nie. Hy beroof niemand nie, maar gee van sy kos vir mense wat honger is en sy klere vir behoeftiges.

Esegiël 18