21. Die Here het nog ’n keer met my gepraat:
22. “Mensekind, wat is daardie spreuk wat in die land Israel gebruik word? Julle sê: ‘Die tyd gaan verby en maak van elke profeet ’n leuenaar.’
23. Sê vir die mense die oppermagtige Here sê: Ek maak ’n einde aan hierdie spreekwoord. Hulle sal ophou om dit in Israel te gebruik. Ek gee ’n nuwe spreekwoord in die plek van die ou een: ‘Die tyd het gekom dat elke profesie waar sal word!’
24. “Dan sal julle sien wat van al die vals visioene en al die vleiende voorspellings in Israel word,
25. want Ek is die Here! Wat Ek sê, gebeur altyd. Dit sal nie verder uitgestel word nie. In julle dag, opstandige volk, sê Ek dit en doen Ek dit, sê die oppermagtige Here.”
26. Toe het die Here weer met my gepraat:
27. “Mensekind, die mense van Israel sê: ‘Wat hy nou sê, gaan nie gou gebeur nie, eers oor ’n lang tyd!’