Esegiël 10:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Terwyl ek nog kyk, sien ek iets wat lyk soos ’n troon van blou saffier en wat bokant die kristalkoepel verskyn. Dit was bokant die koppe van die gerubs.

2. Toe sê die Here vir die man met klere van linne: “Gaan in tussen die wiele onder die gerubs en vat ’n hand vol van die gloeiende kole tussen die gerubs. Gaan strooi dit oor die stad!” Hy het toe so gemaak terwyl ek toekyk.

3. Die gerubs het aan die suidekant van die tempel gestaan toe die man ingegaan het, en die wolk van heerlikheid het die hele voorhof gevul.

Esegiël 10