1. Die Here het toe vir Moses gesê:
2. “Jy moet die tabernakel, die tent van ontmoeting, op die eerste dag van die eerste maand oprig.
3. Sit die ark met die getuienis binne-in die tent. Skerm die ark af met die gordyn in die binneste heiligdom.
4. Bring die tafel in en sit die toebehore by die tafel neer. Bring die kandelaar in en steek sy lampies aan.
5. “Die altaar vir die wierook moet jy neersit net buite die gordyn, reg teenoor die ark met die getuienis. Hang die afskorting voor die ingang van die tabernakel.
6. Die altaar vir die brandoffers moet buite staan, reg teenoor die ingang na die tent.
7. Die waskom moet tussen die tabernakel en die altaar wees. Gooi dit vol water.
8. Jy moet die linnemure rondom die binnehof opslaan en die gordyn by die ingang na die binnehof ophang.
9. “Vat van die salfolie en sprinkel daarvan op die tabernakel en alles wat daarin is om dit so vir My te wy. Dit sal dan heilig wees.