23. As julle hulle onregverdig behandel en hulle kom kla by My, sal Ek hulle kant vat.
24. My woede sal teen julle losbreek en Ek sal julle in die oorlog laat omkom. Julle vroue sal dan ook weduwees word en julle kinders sonder ouers.
25. “As julle geld uitleen aan die arm mense van die volk, moet julle nie maak soos die mense wat teen rente uitleen nie.
26. As jy iemand se klere as ’n pand neem vir dit wat hy leen, moet jy dit vir hom teen sononder teruggee.
27. Hy het dit nodig om in die nag daaronder te slaap. Wanneer hy na My roep om hulp, gaan Ek na hom luister. Ek gee om vir sulke mense.
28. “Moenie lasterlik teen God optree nie. Moenie die leiers van die volk vloek nie.
29. “Moenie iets terughou van die deel van jou graan- en druiwe-oes wat jy vir My bring nie. “Onthou dat jou oudste seun aan My behoort.
30. “So ook die eerstelinge van beeste en kleinvee. Dit mag die eerste sewe dae nog by sy ma bly. Maar op die agtste dag moet jy dit vir My gee.
31. “Julle moet mense wees wat vir My afgesonder is. Julle mag nie iets eet wat in die veld verskeur is nie. Gee dit vir die honde om te vreet.”