Deuteronomium 32:47-50 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

47. Hierdie bepalings is nie sommer net woorde nie – dit is julle lewe! Deur gehoorsaam daaraan te wees, sal julle ’n lang lewe geniet in die land wat julle met die oorsteek van die Jordaanrivier in besit sal neem.”

48. Daardie selfde dag nog het die Here vir Moses gesê:

49. “Klim op Neboberg in die Abarimberge in Moab oorkant Jerigo. Kyk uit oor die land Kanaän, die land wat Ek aan die volk Israel gaan gee as hulle eie besitting.

50. Jy sal daar op die berg sterf en by jou voorouers aansluit, net soos jou broer Aäron op Horberg gesterf en by sy voorouers aangesluit het.

Deuteronomium 32