24. Ek stuur teen hulle ’n uitmergelende hongersnood, ’n vurige koors en dodelike siekte.Hulle sal geteister word deur tande van wilde diere, deur giftige slange wat in die stof seil.
25. Op straat bring die swaard kinderloosheid,en binnekant heers die angs.Jong mans en vroue sal omkom, babas en ook oumense.
26. Ek het besluit om hulle te verstrooi,sodat selfs die gedagte aan hulle sal verdwyn.
27. Maar Ek was bevrees dat die vyand My sou tart,dat hulle teenstanders kan misverstaan en sê: Ons krag het gewen! Dit was nie die Herewat dit gedoen het nie!’
28. “Israel is ’n nasie sonder verstand. Daar is geen begrip onder hulle nie.
29. Was hulle maar wys, sou hulle verstaanen sien wat hulle lot sal wees!
30. Hoe kan een mens duisend van hulle jaag, en hoe kan twee mense tienduisend laat vlug, as hulle Rots hulle nie verkoop het,en die Herehulle nie oorgelewer het nie?
31. Maar die rots van ons vyande is nie soos ons Rots nie,soos selfs ons vyande moet toegee.
32. Hulle wingerdstok stam uit die wingerdstok van Sodom en Gomorra. Hulle druiwe is giftig en hulle trosse is bitter.
33. Hulle wyn is die gif van slange, die dodelike gif van adders.
34. “‘Ek het hierdie dinge gebêre, verseël vir veilige bewaring.
35. Ek sal wraak neem. Dié wat dit verdien, sal Ek terugbetaal. Binnekort sal hulle voete gly.Hulle dag van val sal kom en hulle lot sal hulle oorval.’
36. “Want die Heresal sy volk oordeel en Hy sal van gedagte veranderoor sy dienaarswanneer Hy siendat hulle krag weg is en dat daar niemand oor is nie,nie slaaf of vryman nie.
37. Dan sal Hy vra: ‘Waar is hulle gode, waar is die rotse waar hulle gaan skuil het?