Deuteronomium 27:24-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. ‘Vervloek is elkeen wat iemand anders in die geheim doodmaak.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’

25. ‘Vervloek is elkeen wat omkoopgeld aanneem om iemand anders dood te maak.’ En die hele volk moet antwoord: ‘Amen.’

26. ‘Vervloek is elkeen wat hom nie hou by die voorwaardes van hierdie gebooie deur daaraan gehoorsaam te wees nie.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’”

Deuteronomium 27