Deuteronomium 27:13-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Die stamme van Ruben, Gad, Aser, Sebulon, Dan en Naftali moet op die Ebalberg gaan staan om ’n vloek uit te spreek.

14. Die Leviete moet dan hardop oor die hele volk Israel uitroep:

15. “‘Vervloek is elkeen wat ’n afgodsbeeld uitkerf of giet en dit in die geheim aanhou. Hierdie afgode is die werk van ambagsmense,hulle is afskuwelik vir die Here.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’

16. ‘Vervloek is elkeen wat sy pa of ma verag.’Dan moet die hele volk antwoord:‘Amen.’

17. ‘Vervloek is elkeen wat sy naaste se eiendom steel deur die grensbaken te verskuif.’ Dan moet die hele volk antwoord:‘Amen.’

18. ‘Vervloek is elkeenwat ’n blinde persoon laat verdwaal.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’

19. ‘Vervloek is elkeen wat onregverdig optreeteenoor vreemdelinge, weeskinders en weduwees.’ Dan moet die hele volk antwoord:‘Amen.’

20. ‘Vervloek is elkeen wat seksuele gemeenskap met die vrou van sy pa het, want hy het sy pa oneer aangedoen.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’

Deuteronomium 27