Deuteronomium 13:7-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. gode van die omringende volke, naby of ver, gode van enige uithoek van die land.

8. As hulle dit doen, moenie toegee of na hulle luister nie. Jy moet hulle ook nie jammer kry nie. Moet hom nie verskoon of beskerm nie.

9. Maak hom verseker dood! Jy moet dit begin en dan moet die hele volk jou ondersteun.

10. Stenig die skuldiges, want hulle wou jou verlei om die Here jou God te verlaat wat jou uit Egipte, die plek van slawerny, uitgelei het.

11. Dan sal al die Israeliete hiervan hoor en bang word. Hulle sal nie weer so ’n verkeerde ding doen nie.

12. “Sê nou jy hoor dat daar in een van die stede wat die Here jou God aan jou gee,

13. slegte mense is wat die inwoners verlei deur hulle aan te moedig om vreemde gode te aanbid wat jy nie ken nie.

14. In sulke gevalle moet jy die saak noukeurig ondersoek. As dit blyk dat dit waar is en jy kan bewys dat so ’n afskuwelike ding inderdaad gebeur het,

15. moet jy daardie stad aanval en al sy inwoners met al die diere heeltemal vernietig.

16. Jy moet dan al die buit op die dorpsplein bymekaarmaak en verbrand. Steek ook die hele stad aan die brand as ’n brandoffer vir die Here jou God. Daardie stad moet vir altyd ’n puinhoop bly en mag nooit weer herbou word nie.

17. “Jy mag niks vir jouself hou van die buit wat verbrand moet nie. Dan sal die Here nie langer so kwaad bly nie en sal Hy jou weer genadig wees. Hy sal medelye met jou hê en jou ’n groot nasie maak soos Hy aan jou voorouers beloof het.

18. “Luister tog na die stem van die Here jou God, wees gehoorsaam aan al sy bevele wat ek jou vandag gee en doen wat reg is in die oë van die Here jou God.”

Deuteronomium 13