Deuteronomium 11:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Jy moet die Here jou God liefhê en al sy voorskrifte, bepalings en bevele gehoorsaam.

2. “Luister! Ek praat nie nou met julle kinders wat nog die Here julle God leer ken het of sy grootheid en ontsaglike krag ervaar het nie.

3. “Hulle was nie daar om sy tekens en wonderdade teenoor die farao en die hele land van Egipte te sien nie.

4. Hulle het nie gesien wat die Here aan die Egiptiese leër, perde en strydwaens gedoen het toe Hy hulle in die Rietsee laat verdrink het toe hulle julle agternagesit het nie. Ook nie hoe Hy hulle so vernietig het dat hulle steeds nog magteloos is nie.

5. Hulle het nie gesien hoe die Here julle in die woestyn versorg het totdat julle by hierdie plek aangekom het nie.

6. Hulle was nie daar om te sien wat Hy aan Datan en Abiram, die seuns van Eliab, ’n afstammeling van Ruben, gedoen het nie. Die aarde het oopgegaan en hulle en hulle familie ingesluk met hulle tente en elke lewende ding wat hulle besit het.

Deuteronomium 11