21. Toe sê Joab vir ’n Kussiet: “Gaan vertel vir die koning wat jy gesien het.” Die man het voor Joab gebuig en begin hardloop.
22. Maar Agimaäs het aanhou pleit by Joab: “Wat ook al gebeur, laat ek tog ook agter die Kussiet aan hardloop.”“Hoekom wil jy gaan, my seun?” sê Joab. “Daar sal geen boodskappersloon vir jou wees nie.”
23. “Dit maak nie saak nie. Laat my in elk geval gaan,” pleit hy.Joab het ingestem: “Nou gaan dan maar!” Agimaäs het met ’n kortpad oor die Jordaanvlakte gehardloop en die Kussiet verbygesteek.
24. Terwyl Dawid in die stadspoort gesit het, het die wag op die poort se dak geklim en na die uitkykpunt by die muur gegaan. Terwyl hy uitkyk, sien hy ’n man wat alleen na hulle toe aangehardloop kom.
25. Hy roep toe die koning en sê wat hy sien. “As hy alleen is, bring hy nuus,” sê die koning.Soos hy naderkom,
26. sien die wag nog iemand wat hardloop. Hy skree toe: “Hier kom nog iemand alleen aangehardloop!”Die koning antwoord: “Hy sal ook nuus bring.”
27. “Dit lyk vir my die eerste een hardloop soos Agimaäs seun van Sadok,” sê die wag.“Hy is ’n goeie man en kom met ’n goeie boodskap,” antwoord die koning.
28. Toe Agimaäs daar aankom, groet hy die koning en buig laag voor hom. Hy sê: “Geseënd is die Here u God wat die opstandelinge teen die koning in ons mag oorgegee het.”
29. “Is die jong man Absalom veilig?” vra die koning.Agimaäs antwoord: “Toe Joab vir my sê om te kom, was daar ’n groot rumoer, maar ek weet nie wat gebeur het nie.”
30. “Wag ’n bietjie hier eenkant,” sê die koning vir hom. Agimaäs het toe eenkant gaan staan.