23. Maar nou is hy dood! Hoekom moet ek nou nog vas? Kan ek hom weer terugbring? Eendag sal ek na hom toe gaan, maar hy kan nie na my toe terugkom nie.”
24. Dawid het toe vir Batseba sy vrou getroos en by haar geslaap. Sy het ’n seun in die wêreld gebring. Dawid het hom Salomo genoem. Die Here het die seun liefgehad
25. en het deur die profeet Natan laat weet dat sy naam Jedidja, geliefde van die Here, moes wees, want die Here het hom liefgehad.
26. Intussen was Joab suksesvol in die stryd teen Rabba. Hy het die hoofstad van Ammon en die koninklike vesting verower.
27. Toe stuur Joab boodskappers na Dawid toe om te sê: “Ek het teen Rabba geveg en hulle waterbron verower.
28. Roep nou die burgermag op, kom beleër die stad en neem dit in sodat u die eer vir die oorwinning kan ontvang en nie ek nie.”