2 Kronieke 10:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Rehabeam het geantwoord: “Kom oor drie dae terug na my toe.” Die volk het toe huis toe gegaan.

6. Daarna het koning Rehabeam na die ouer manne, raadgewers van sy pa Salomo, gegaan. “Wat is julle raad?” vra hy. “Hoe moet ek hierdie mense antwoord?”

7. Hulle het vir hom gesê: “As u vandag na die volk luister en hulle tevrede stel met ’n gunstige antwoord, sal hulle altyd u onderdane bly.”

2 Kronieke 10