14. Ons het dus nie ons perke oorskry deur tot by julle te kom nie. Ons het tog heel eerste tot by julle gekom met die Goeie Nuus van Christus.
15. Ons is nie buite perke trots nie, dit wil sê, ons spog nie oor ander mense se optredes nie. Ons hoop dat julle geloof sal toeneem en dat ons werkterrein onder julle nog groter sal word.
16. Dan sal ons die Goeie Nuus ook in gebiede kan preek wat anderkant julle geleë is, sonder om te roem op werk wat gedoen is in die werkkring van iemand anders.
17. Die Skrif sê mos: “As jy jou wil beroem, moet jy jou op die Here beroem.”
18. Die eintlike toets lê nie daarin of ’n mens jouself aanbeveel nie, maar of die Here jou aanbeveel.