34. Ek sal hierdie stad beskerm en redter wille van my eer en van my dienaar Dawid.”
35. Daardie nag het die engel van die Here na die kamp van die Assiriërs gegaan en 185 000 Assiriese manskappe doodgemaak. Toe die Assiriërs die volgende oggend wakker word, kry hulle oral net lyke.
36. Toe het koning Sanherib van Assirië kamp afgeslaan en na sy eie land toe teruggegaan. Hy het huis toe, na sy hoofstad Nineve, gegaan en daar gebly.
37. Eendag, terwyl hy in die tempel van sy god Nisrok aanbid het, het sy seuns Adrammelek en Sareser hom met hulle swaarde doodgemaak. Hulle het na Ararat toe gevlug. ’n Ander seun, Eserhaddon, het hom as koning van Assirië opgevolg.