2 Konings 19:24-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. Ek het putte gegrawe in vreemde lande,myself verkwik met hulle water.Met my voetsole het ek al die riviere van Egipte laat opdroog!’

25. “Maar het jy nie gehoor nie?Ek het lankal daaroor besluit.Lank gelede het Ek dit beplan. Nou maak Ek dit werklikheid:dat jy versterkte stede tot rommelhope sal verpletter.

26. Hulle inwoners is magteloos, verskrik en beskaamd;soos gras op die veld, broos soos sagte groen gras;soos gras op ’n dak verskroeinog voordat dit opkom.

27. “Maar Ek ken jou goed:Ek weet of jy kom of gaan, ook hoe jy uitvaar teen My.

28. En weens jou woede teen Myen jou verwaandheid wat Ek self gehoor het,sit Ek my haak deur jou neus en my stang in jou mond.Dan sal Ek jou laat teruggaanop die pad waarlangs jy gekom het.

29. “Hier is die teken vir jou: Hierdie jaar sal julle eet wat vanself opkomen die volgende jaar wat dáárvan opkom.Maar in die derde jaar sal julle saai en oes.Julle sal wingerde plant en die vrug daarvan eet.

30. Dié wat in Juda oorgebly het,sal weer wortelskiet en vrugte dra.

31. Want uit Jerusalem sal ’n oorblyfsel voortkom,uit Sionsberg dié wat oorgebly het.Die ywer van die Here self sal dit laat gebeur!

32. “Daarom, so sê die Hereoor die koning van Assirië:“Hy sal nie in Jerusalem inkom of ’n pyl hier afskiet nie.Hy sal nie met skilde opruk of beleëringswalle teen sy mure ophoop nie.

33. Met die pad waarlangs hy gekom het, sal hy teruggaan.Hierdie stad sal hy nie binnegaan nie, sê die Here.

34. Ek sal hierdie stad beskerm en redter wille van my eer en van my dienaar Dawid.”

35. Daardie nag het die engel van die Here na die kamp van die Assiriërs gegaan en 185 000 Assiriese manskappe doodgemaak. Toe die Assiriërs die volgende oggend wakker word, kry hulle oral net lyke.

36. Toe het koning Sanherib van Assirië kamp afgeslaan en na sy eie land toe teruggegaan. Hy het huis toe, na sy hoofstad Nineve, gegaan en daar gebly.

2 Konings 19