2 Konings 19:16-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Luister tog na my, o Here,en hoor wat ek sê.Maak tog u oë oop en kyk,Here!Luister hoe Sanherib die lewende God beledig!

17. “Dit is waar, Here, die konings van Assirië het al hierdie nasies met hulle grondgebiede verwoes.

18. Dis waar dat hulle die gode van hierdie nasies verbrand het. Maar natuurlik kon die Assiriërs hulle vernietig! Hulle was glad nie gode nie, net maar beelde van hout en klip, die werk van mensehande.

19. Nou, o Here, ons God, red ons uit die mag van Assirië! Dan sal al die koninkryke op die aarde weet dat U alleen, o Here, God is.”

20. Toe stuur Jesaja seun van Amos die volgende boodskap aan Hiskia: “Dis wat die Here, die God van Israel, sê: Ek het jou gebed oor koning Sanherib van Assirië gehoor.

21. Dit is wat die Here oor hom sê:“Die dogter van Sion verag jou en lag vir jou.Die dogter van Jerusalem kyk jou spottend agterna.

22. Wie dink jy het jy beledig en belaglik gemaak?Teen wie het jy jou stem verhefen met trots jou oë opgeslaan?Dit was die Heilige van Israel!

23. Deur jou boodskappers het jy die Here gelaster.Jy het gesê: ‘Met my baie strydwaenshet ek hoë berge bestyg,die hoogste pieke van die Libanon.Ek het sy hoogste seders, sy keurigste sipresse afgekap.Ek het sy verste uithoeke bereik,sy digte woude binnegedring.

24. Ek het putte gegrawe in vreemde lande,myself verkwik met hulle water.Met my voetsole het ek al die riviere van Egipte laat opdroog!’

25. “Maar het jy nie gehoor nie?Ek het lankal daaroor besluit.Lank gelede het Ek dit beplan. Nou maak Ek dit werklikheid:dat jy versterkte stede tot rommelhope sal verpletter.

26. Hulle inwoners is magteloos, verskrik en beskaamd;soos gras op die veld, broos soos sagte groen gras;soos gras op ’n dak verskroeinog voordat dit opkom.

2 Konings 19