2 Konings 10:33-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

33. Dit was die streke oos van die Jordaanrivier, die hele Gilead, insluitend die stamme Gad, Ruben en Manasse, vanaf die dorp Aroër by die Arnonrivier, sowel Gilead as Basan.

34. Die ander gebeurtenisse tydens Jehu se bewind, wat hy gedoen het en sy dapper dade, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel.

35. Toe Jehu sterf, is hy in Samaria begrawe. Sy seun Joahas het hom as koning opgevolg.

36. Jehu het altesaam 28 jaar in Samaria oor Israel geheers.

2 Konings 10