1 Samuel 16:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het weer met Samuel gepraat: “Jy het nou lank genoeg oor Saul getreur vandat Ek besluit het dat hy nie langer koning van Israel moet wees nie. Maak ’n horing vol olie en gaan na Betlehem toe. Daar moet jy ’n man met die naam Isai soek. Ek het besluit dat een van sy seuns die nuwe koning sal wees.”

2. Maar Samuel vra: “Hoe kan ek dit doen? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak.”“Vat ’n jong vers saam met jou,” antwoord die Here, “en sê: ‘Ek kom om ’n offer aan die Here te bring.’

3. Nooi Isai ook na die offer. Dan sal Ek jou sê watter een van sy seuns jy vir My moet salf.”

4. Samuel het gedoen wat die Here beveel het. Toe Samuel in Betlehem aankom, was die leiers van die dorp bang. Hulle vra hom toe: “Wat is verkeerd? Kom u in vrede?”

1 Samuel 16