1 Samuel 11:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Koning Nagas van Ammon het met sy leër teen die Israelitiese stad Jabes-Gilead opgetrek. Maar die inwoners van Jabes het vir vrede gevra: “Maak ’n ooreenkoms met ons en ons sal u onderdanig wees,” het hulle gesê.

2. “Goed,” sê Nagas, “maar net op hierdie voorwaarde: dat ek die regteroog van elkeen van julle uitsteek tot die skande van almal in Israel!”

1 Samuel 11