24. Efraim het ’n dogter gehad met die naam Seëra. Sy het Bet-Goron-Onder en Bet-Goron-Bo gebou, en Ussen-Seëra.
25. Efraim se geslagslyn was Refag, Resef, Telag, Tagan,
26. Ladan, Ammihud, Elisama,
27. Nun en Josua.
28. Die afstammelinge van Efraim het in die grondgebied gebly wat Bet-El met sy omliggende dorpies na die suide ingesluit het: Naära na die ooste, Geser met sy omliggende dorpies na die weste, en Sigem met sy omliggende dorpies na die noorde tot so ver as Aja met sy dorpies.
29. Langs die grens van Manasse was die stede van Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, almal met hulle omliggende dorpies. Die afstammelinge van Josef, die seun van Israel, het hier gewoon.