22. Hulle het in die Here se teenwoordigheid feesgevier en gedrink en was daardie dag vol vreugde.Hulle het weer vir Dawid se seun Salomo gekroon as hulle nuwe koning. Hulle het hom voor die Here gesalf as hulle heerser, en vir Sadok as hulle priester.
23. So het Salomo die troon in die plek van sy pa, Dawid, uit die hand van die Here ontvang. Dit het goed gegaan met hom, en die hele Israel het hom gehoorsaam.
24. Al die koninklike amptenare, leërbevelvoerders en selfs al Dawid se seuns het trou aan koning Salomo gesweer.
25. En die Here het Salomo verhoog sodat die hele Israel hom bewonder het. Hy het Salomo selfs meer koninklike eer gegee as enige koning van Israel voor hom.