1 Kronieke 27:14-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Benaja van Piraton in Efraim was bevelvoerder van die elfde afdeling, wat die elfde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

15. Geled, ’n afstammeling van Otniël uit Netofa, was bevelvoerder van die twaalfde afdeling, wat die twaalfde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

16. Die volgende was die stamme van Israel en hulle leiers: Stam LeierRuben Eliëser, seun van Sikri.Simeon Safatja, seun van Maäka.

17. Levi Gasabja, seun van Kemuel.Aäron (priesters) Sadok.

18. Juda Elihu, ’n broer van Dawid.Issaskar Omri, seun van Migael.

19. Sebulon Jismaja, seun van Obadja.Naftali Jerimot, seun van Asriël.

20. Efraim Hosea, seun van Asasja.Manasse-wes Joël, seun van Pedaja.

21. Manasse-oos Jiddo, seun van Sagaria.Benjamin Jaäsiël, seun van Abner.

22. Dan Asarel, seun van Jerogam.Hulle was die leiers van die stamme van Israel.

23. Toe Dawid die sensus opgeneem het, het hy nie mense getel wat jonger as twintig was nie omdat die Here belowe het dat Hy Israel soveel sal maak soos die sterre aan die hemel.

24. Joab, Seruja se seun, het met die sensus begin, maar dit nooit voltooi nie omdat die woede van God teen Israel ontbrand het. Die finale totale is nooit in koning Dawid se amptelike rekords aangeteken nie.

25. Asmawet, seun van Adiël, was in beheer van die tempel se skatkamers.Jonatan, seun van Ussia, was in beheer van die streke se skatkamers in al die dorpe, dorpies en vestings van Israel.

1 Kronieke 27