1 Kronieke 26:19-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Dit was die afdelings van die poortwagters van die familiegroepe van Korag en Merari.

20. Ander Leviete wat deur Agija gelei is, was in beheer van die skatkamers van die huis van God en die pakhuise.

21. Van die familie van Ladan in die Gersonfamilie was Jegiël die leier.

22. Die seuns van Jegiël, Setam en Joël, was in beheer van die skatkamers van die huis van die Here.

1 Kronieke 26