8. Die musikante is vir ’n bepaalde dienstermyn aangestel deur die gewyde lot te werp, sonder om in ag te neem hoe oud iemand was en of hy ’n meester of student was.
9. Die eerste lot het op Josef van die Asafgroep geval, en twaalf van sy seuns en bloedverwante. Die tweede lot het op Gedalja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
10. Die derde lot het op Sakkur geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
11. Die vierde lot het op Seri geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
12. Die vyfde lot het op Netanja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
13. Die sesde lot het op Bukkija geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
14. Die sewende lot het op Asarela geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
15. Die agtste lot het op Jesaja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
16. Die negende lot het op Mattanja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
17. Die tiende lot het op Simi geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
18. Die elfde lot het op Asarel geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
19. Die twaalfde lot het op Gasabja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.
20. Die dertiende lot het op Subael geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.