1 Kronieke 22:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dawid het gesê: “Hier is die plek vir die huis van die Here God en die plek vir die altaar vir Israel se brandoffers!”

2. Dawid het beveel dat al die vreemdelinge wat in Israel leef, bymekaar moet kom. Hy het hulle aangestel om die blokke klip reg te kap om die tempel van God mee te bou.

3. Dawid het ook groot hoeveelhede yster verskaf vir die spykers wat nodig sou wees vir die poortdeure en vir kramme, en koper wat soveel was dat dit nie geweeg kon word nie.

4. Daarby het hy ontelbaar baie sederblokke verskaf, want die mense van Sidon en Tirus het vir Dawid groot hoeveelhede sederhout gebring.

5. Want Dawid het gesê: “My seun Salomo is nog jonk en onervare, en die huis wat vir die Here gebou gaan word, moet indrukwekkend en groot wees, ’n roem en ’n sieraad vir alle lande. Daarom tref ek vir hom die voorbereidings.” Daarom het Dawid voor sy dood al groot hoeveelhede boumateriaal bymekaargemaak.

6. Daarna het Dawid sy seun Salomo laat haal en vir hom verduidelik dat hy ’n tempel vir die Here, die God van Israel, moes bou.

7. “Ek wou ’n tempel tot eer van die Here my God bou,” het Dawid vir hom gesê.

1 Kronieke 22