1 Kronieke 20:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Hy het van die mense van Rabba slawe gemaak en hulle gedwing om met sae, pikke en byle te werk. So het Dawid al die mense van die Ammonitiese stede behandel. Hierna het Dawid en sy leër na Jerusalem toe teruggegaan.

4. Hierna het daar by Geser oorlog teen die Filistyne uitgebreek. Terwyl hulle veg, het Sibbekai van Gusa vir Sippai, ’n afstammeling van die reuse, verslaan. Die Filistyne is onderwerp.

5. In ’n volgende geveg met die Filistyne het Elganan, seun van Jaïr, vir Lagmi, broer van Goliat uit Gat, doodgemaak. Die handvatsel van Lagmi se spies was so dik soos ’n wewersbalk!

6. In nog ’n geveg met die Filistyne by Gat was daar ’n reuse man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, 24 in totaal, ’n afstammeling van die reuse.

7. Hy het Israel uitgedaag. Maar Jonatan, seun van Dawid se broer Samma, het hom doodgemaak.

8. Hierdie Filistyne was afstammelinge van die reuse van Gat, maar hulle is deur Dawid en sy soldate doodgemaak.

1 Kronieke 20