2. Die Filistyne het vir Saul en sy seuns ingehaal. Hulle het drie van sy seuns doodgemaak, vir Jonatan, Abinadab en Malkisua.
3. Die geveg het baie swaar rondom Saul geword, en die Filistynse boogskutters het hom gesien en raakgeskiet.
4. Saul het vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard uit en steek my dood voor hierdie heidense Filistyne kom en my verneder.” Maar sy wapendraer was baie bang en wou dit nie doen nie. Toe vat Saul sy eie swaard en val daarin.
5. Toe sy wapendraer besef dat Saul dood is, het hy ook in sý swaard geval en gesterf.
6. So het Saul en sy drie seuns saam gesterf sodat sy koningshuis beëindig is.
7. Toe die Israeliete in die Jisreëlvlakte sien dat hulle leër gevlug het en dat Saul en sy seuns dood is, het hulle hulle stede verlaat en gevlug. Die Filistyne het die stede beset en daar gaan woon.