1. Die Filistyne het Israel aangeval, en die manne van Israel moes vir die Filistyne wegvlug. Baie is teen die hange van die Gilboaberg doodgemaak.
2. Die Filistyne het vir Saul en sy seuns ingehaal. Hulle het drie van sy seuns doodgemaak, vir Jonatan, Abinadab en Malkisua.
3. Die geveg het baie swaar rondom Saul geword, en die Filistynse boogskutters het hom gesien en raakgeskiet.
4. Saul het vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard uit en steek my dood voor hierdie heidense Filistyne kom en my verneder.” Maar sy wapendraer was baie bang en wou dit nie doen nie. Toe vat Saul sy eie swaard en val daarin.