11. want die huis van Yisra’el en die huis van Y’hudah het baie verraderlik teen My opgetree,” verklaar יהוה.
12. Hulle het aangaande יהוה gelieg en gesê: “Nie Hy nie; ongeluk sal nie oor ons kom nie en ons sal geen swaard of hongersnood sien nie.
13. Die profete is soos wind en die boodskap is nie in hulle nie. So sal dit met húlle gedoen word!”Open 11:5
14. So sê יהוה, die God van die leërskare: “Omdat julle hierdie woord gesê het, let op, Ek maak My boodskappe in jou mond ’n vuur en hierdie volk hout en dit sal hulle verteer.Deut 28:49,50; Yes 33:19
15. Let op, Ek bring ’n nasie teen julle van ver af, o huis van Yisra’el,” verklaar יהוה. “Dit is ’n standvastige nasie, ’n antieke nasie, ’n nasie wie se taal julle nie ken of verstaan wat hulle sê nie.
16. Hulle pylkoker is soos ’n geopende graf; hulle is almal magtige manne.
17. Hulle sal jou oes en jou kos verteer, hulle sal jou seuns en jou dogters verteer, hulle sal jou kleinvee en jou beeste verteer, hulle sal jou wingerdstok en jou vyeboom verteer, hulle sal jou versterkte stede waarop jy vertrou, met die swaard verwoes.
18. Nogtans, selfs in daardie dae,” verklaar יהוה, “sal Ek nie van julle ’n volkome verwoesting maak nie.
19. Dit sal gebeur wanneer hulle sê: ‘Waarom het יהוה, ons God, al hierdie dinge aan ons gedoen?’ dat jy hulle sal antwoord: ‘Soos julle My verlaat het en vreemde gode in julle land gedien het, so sal julle vreemdelinge dien in ’n land wat nie julle s’n is nie.’
20. Verklaar dit in die huis van Ya’akov en verkondig dit in Y’hudah en sê:
21. ‘Hoor nou dit, o dwase en verstandelose volk, wat oë het, maar nie sien nie; wat ore het, maar nie hoor nie!
22. Het julle nie respekvolle vrees vir My nie?’” verklaar יהוה. “Bewe julle nie in My Teenwoordigheid nie? Want Ek het die sand gestel as ’n grens vir die see, as ’n ewige wet sodat dit nie daaroor sal gaan nie. Alhoewel die golwe rol, tog kan hulle nie bly staan nie; alhoewel hulle dreun, kan hulle nie daaroor gaan nie,