Yirmeyahu 49:26-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Haar jongmanne sal daarom val in haar strate en al die krygsmanne sal in daardie dag stil gemaak word,” verklaar יהוה-Tzva’ot.

27. “Ek sal die muur van Dammesek aan die brand steek en dit sal die versterkte torings van Ben-Hadad verteer.”

28. Aangaande Kedar en die koninkryke van Hatzor wat N’vukhadnetzar, koning van Bavel, verslaan het: so sê יהוה: “Staan op, gaan op teen Kedar en wis die manne van die Ooste uit.

29. Hulle sal hulle tente en kleinvee wegvat; hulle sal vir hulleself hul tentdoeke, al hulle besittings en hulle kamele wegdra en hulle sal uitroep na mekaar: ‘Verskrikking aan elke kant!’

30. Hardloop weg, vlug! Skuil in die dieptes, o inwoners van Hatzor,” verklaar יהוה; “want N’vukhadnetzar, koning van Bavel, het ’n plan teen julle gemaak en ’n komplot teen julle uitgewerk.

31. Staan op, gaan op teen ’n nasie wat ontspanne is, wat veilig bly,” verklaar יהוה, “dit het geen poorte of grendels nie; hulle bly alleen.

32. Hulle kamele sal plunder word en hulle menigte beeste ’n buit en Ek sal hulle verstrooi na al die windstreke, die wat hulle hare aan die rand afskeer en Ek sal van alle kante af hulle rampe bring,” verklaar יהוה.

33. “Hatzor sal ’n lêplek van jakkalse word, ’n verlatenheid vir ewig; niemand sal daar bly nie en geen seun van ’n mens sal ook daarin oorbly nie.”

34. Dit wat as die woord van יהוה tot Yirmeyahu, die profeet, gekom het aangaande `Eilam, aan die begin van die regering van Tzidkiyahu, koning van Y’hudah en gesê het:

35. “So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Let op, Ek gaan die boog van `Eilam verbreek, die keur van hulle mag.

36. Ek sal die vier winde uit die vier hoeke van die hemel oor `Eilam bring en sal hulle na al hierdie windstreke verstrooi en daar sal geen nasie wees waarheen die uitgeworpenes van `Eilam nie sal gaan nie.

37. So sal Ek `Eilam stukkend slaan voor hulle vyande en voor dié wat hulle lewe soek en Ek sal ’n katastrofe oor hulle bring, die erns van My woede,’ verklaar יהוה; ‘en Ek sal die swaard agter hulle aanstuur totdat Ek hulle verteer het.

38. Dan sal Ek My troon in `Eilam vestig en koning en prinse daaruit vernietig,’ verklaar יהוה,

Yirmeyahu 49