Yirmeyahu 49:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Aangaande die seuns van `Ammon: so sê יהוה: “Het Yisra’el geen seuns nie? Of het hy geen erfgenaam nie? Waarom het Malkam dan besit geneem van Gad en het sy mense in sy stede gaan bly?Yes 11:14

2. Let daarom op,” verklaar יהוה, “daar kom dae dat Ek ’n ramshoringgeskal van oorlog sal laat hoor teen Rabbah van die seuns van `Ammon en dit sal ’n verlate puinhoop word en haar dorpe sal aan die brand gesteek word; dan sal Yisra’el besit neem van sy besitters,” sê יהוה.

3. “Huil, o Heshbon, want Ai is vernietig; roep uit, o dogters van Rabbah! Omgord julle met rouklere, weeklaag en haas jou heen en weer binne die mure, want Malkam sal in ballingskap gaan, saam met sy priesters en sy prinse.

4. Hoekom roem jy op jou valleie en jou breë vlaktes, o afvallige dogter, wat in haar skatte vertrou en sê: ‘Wie sal teen my kom?’

5. Let op, Ek gaan angs oor jou bring,” verklaar יהוה, God van die leërmagte; “van reg rondom jou en elkeen van julle sal reguit vorentoe uitgedryf word, met niemand om die vlugtelinge bymekaar te maak nie;

6. daarna sal Ek egter die welsyn van die seuns van `Ammon herstel,” verklaar יהוה.

7. Aangaande Edom: so sê יהוה-Tzva’ot: “Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Ontbreek goeie raad by die verstandiges? Is hulle wysheid vervalle?

8. Vlug, draai terug, skuil in die dieptes, o inwoners van D’dan, want Ek sal die rampe van `Esav oor hom bring, op die tyd dat Ek hom straf.`Ov 1:5; Yeg 25:12-14

9. As druiwesnyers na jou toe kom, sal hulle nie ’n na-oes laat oorbly nie? As diewe in die nag kom, sal hulle net vernietig totdat hulle genoeg gehad het?

Yirmeyahu 49