Yirmeyahu 48:14-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Hoe kan julle sê: ‘Ons is magtige soldate en manne dapper om te veg?’

15. Mo’av is vernietig en hulle het opgegaan in sy stede; sy beste jongmanne het afgegaan na die slagting,” verklaar die Koning, Wie se Naam יהוה-Tzva’ot is.

16. “Die ramp van Mo’av sal gou kom en sy katastrofe is vinnig verhaas.

17. Rou vir hom, almal wat rondom hom is en almal wat sy naam ken! Sê: ‘Hoe is die magtige septer gebreek, die staf van prag en praal!’

Yirmeyahu 48