Yirmeyahu 25:16-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Hulle sal drink en slinger en rasend word weens die swaard wat Ek tussen hulle sal instuur.”

17. Toe het ek die beker uit die hand van יהוה gevat en al die volke na wie יהוה my gestuur het maak drink:

18. Yerushalayim en die stede van Y’hudah en sy konings en sy prinse, om van hulle ’n puinhoop te maak, ’n verskrikking, ’n bespotting en ’n vervloeking, soos dit vandag is;

19. Farao, koning van Mitzrayim, sy diensknegte, sy prinse en sy hele volk

20. en al die vreemde volke, al die konings van die land `Utz, al die konings van die land van die F’lishtyne, selfs Askelon, `Azah, `Ekron en die wat oorgebly het van Ashdod;

21. Edom, Mo’av en die seuns van `Ammon;

22. al die konings van Tzor, van Tzidon en die konings van die kuslande wat oorkant die see is

23. en D’dan, Teima, Buz en almal in die uiterste uithoeke

24. en al die konings van Arabië en al die konings van die vreemde mense wat in die woestyn bly

25. en al die konings van Zimri, al die konings van `Eilam en al die konings van die Mede

26. en al die konings van die noorde wat naby en ver is, die een met die ander en al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is en die koning van Sheshakh sal ná hulle drink.

27. Jy moet vir hulle sê: ‘So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Drink, wees dronk, gooi op, val neer en staan nie weer op nie, as gevolg van die swaard wat Ek tussen julle sal instuur.’”

28. “Dit sal wees dat as hulle weier om die beker uit jou hand te vat om te drink, dan moet jy vir hulle sê: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: “Julle sal sekerlik drink,

29. want let op, Ek begin om ’n katastrofe in die stad te begin wat volgens My Naam (Karakter en Outoriteit) genoem is en sal júlle heeltemal vry wees van straf? Julle sal nie vry wees van straf nie, want Ek roep ’n swaard op teen al die inwoners van die aarde,” verklaar יהוה-Tzva’ot;’

Yirmeyahu 25