11. want so sê יהוה aangaande Shallum, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah, wat in die plek van sy vader Yoshiyahu koning geword het, wat uit hierdie plek uitgegaan het: “Hy sal nooit hierheen terugkom nie,2 Kon 23:31-34
12. maar in die plek waarheen hulle hom as gevangene weggevoer het, daar sal hy sterf en nie hierdie land weer sien nie.
13. Wee hom wat sy huis bou sonder onpartydige opregtheid en sy boonste kamers sonder regverdige oordeel; wat sy naaste se dienste gebruik sonder betaling en nie vir hom sy loon gee nie;
14. wat sê: ‘Ek sal vir my ’n groot huis bou met ruim bokamers en sy vensters uitsny; dit met sederhout panele bedek en helder rooi verf.’
15. Word jy ’n koning omdat jy wedywer in sederhout? Het jou vader nie geëet en gedrink en regverdig geoordeel en onpartydig opreg gehandel nie? Toe het dit goed met hom gegaan.
16. Hy het die saak van die geteisterde en behoeftige regverdig hanteer; toe het dit goed gegaan. Is dit nie wat dit beteken om My te ken nie?” verklaar יהוה.
17. “Jou oë en jou verstand, wil en emosie is egter net op jou eie onregverdige wins en op die vergieting van onskuldige bloed en op die praktisering van onderdrukking en afpersing.”
18. יהוה sê daarom aangaande Y’hoyakim, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah: “Hulle sal nie oor hom rou nie: ‘Ag, my broer!’ of ‘ag, suster!’ nie. Hulle sal nie oor hom rou nie: ‘Ag, vir die meester!’ of ‘ag, vir sy majesteit!’ nie.2 Kon 24:6
19. Hy sal met ’n donkiebegrafnis begrawe word, weggesleep en uitgegooi anderkant die poorte van Yerushalayim.
20. Gaan op na L’vanon en roep uit, lig jou stem op in Bashan; roep ook uit vanaf `Avarim, want al jou minnaars is vergruis.
21. Ek het met jou gepraat in jou voorspoed, maar jy het gesê: ‘Ek sal nie luister nie.’ Dit is wat jy gedoen het van jou jeug af: jy het nie My stem gehoorsaam nie.
22. Die wind sal al jou herders wegwaai en jou minnaars sal in gevangeskap gaan; dan sal jy beskaamd en vernederd staan weens al jou boosheid.
23. Jy wat bly in L’vanon, nes gemaak het in die seders; hoe sal jy kreun as steekpyne oor jou kom, pyn soos ’n vrou wat geboorte gee!
24. So waar as wat Ek leef,” verklaar יהוה, “alhoewel Y’koniyahu, die seun van Y’hoyakim, koning van Y’hudah, ’n seëlring aan My regterhand was, nogtans sal Ek jou afruk