Y'hoshua 21:32-45 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Vanuit die stam van Naftali: Kedesh in die Galil, die vrystad vir hom wat manslag begaan het met sy weivelde, Hammot-Dor met sy weivelde en Kartan met sy weivelde: drie stede.

33. Al die stede van die Gershoniete, volgens hulle families, was dertien stede met hulle weivelde.

34. Aan die families van die seuns van M’rari, die res van die Leviete, vanaf die stam van Z’vulun: Yokne’am met sy weivelde, Kartah met sy weivelde,

35. Dimnah met sy weivelde, Nahalal met sy weivelde: vier stede.

36. Vanuit die stam van Re’uven: Betzer met sy weivelde, Yagtzah met sy weivelde,

37. K’demot met sy weivelde en Mefa’at met sy weivelde: vier stede.

38. Vanuit die stam van Gad: Ramot in Gil’ad, die vrystad vir hom wat manslag begaan het, met sy weivelde, Maganayim met sy weivelde,

39. Heshbon met sy weivelde en Ya’zer met sy weivelde: altesaam vier stede.

40. Al hierdie was die stede vir die seuns van M’rari, volgens hulle families, die res van die families van die Leviete en hulle lot was twaalf stede.

41. Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die seuns van Yisra’el, was agt en veertig stede met hulle weivelde.

42. Elkeen van hierdie stede het weivelde rondom hulle gehad; so was dit met al hierdie stede.

43. So het יהוה dan die hele land aan Yisra’el gegee wat Hy met ’n eed beloof het om aan hulle vaders te gee en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan bly.

44. יהוה het hulle rus gegee aan alle kante volgens alles wat Hy hulle vaders met ’n eed beloof het en niemand van al hul vyande het voor hulle bly staan nie; יהוה het al hulle vyande in hulle hand gegee.

45. Nie een van die goeie beloftes wat יהוה aan die huis van Yisra’el gemaak het, het onvervuld gebly nie; alles het so gebeur.

Y'hoshua 21