1. Hierdie is die konings van die land vir wie die seuns van Yisra’el verslaan en wie se land hulle in besit geneem het oorkant die Yarden, na die sonsopkoms, vanaf die Vallei van die Arnon af sover as tot by die berg Hermon en die hele Vlakte (`Aravah) na die ooste toe:
2. Sigon, die koning van die Emoriete wat in Heshbon gebly het, wat geheers het vanaf `Aro’er, wat aan die kant van die vallei van die Arnon lê, beide die middel van die vallei en die helfte van Gil’ad, selfs so ver as tot by die Yabbokrivier, die grens van die seuns van `Ammon;
3. die Vlakte tot by die Kinn’rotsee, aan die ooste, so ver as tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, ooswaarts in die rigting van Beit-Yeshimot en aan die suide, aan die voet van die hange van Pisgah;
4. die grondgebied van `Og, die koning van Bashan, een van die oorblyfsels van die Refa’iete, wat in `Ashtarot en Edre’i gebly het,
5. wat oor Berg Hermon, oor Salkhah en oor die hele Bashan tot so ver as die grens van die G’shur (Endor) en Ma’akhat, die helfte van Gil’ad, tot by die grondgebied van Sigon, die koning van Heshbon, geheers het.
6. Moshe, die dienskneg van יהוה en die seuns van Yisra’el het hulle verslaan en Moshe, die dienskneg van יהוה, het dit as ’n besitting gegee aan die Re’uveniete, die Gadiete en die halwe stam van M’nasheh.
7. Nou, hierdie is die konings van die land wat Y’hoshua en die seuns van Yisra’el verslaan het, oorkant die Yarden na die weste toe: vanaf Ba’al-Gad, in die vallei van die L’vanon, selfs so ver as tot by Berg Halak, wat oploop na Se’ir toe en Y’hoshua het dit as ’n besitting aan die stamme van Yisra’el gegee volgens hulle verdelings;