Y'hoshua 11:9-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Y’hoshua het met hulle gedoen soos יהוה aan hom gesê het: hy het hulle perde se hakskeensenings afgesny en hulle strydwaens met vuur verbrand.

10. In daardie tyd het Y’hoshua omgedraai en Hatzor ingeneem en sy koning met die swaard doodgemaak, want Hatzor was vroeër die hoof van al hierdie koninkryke.

11. Hulle het almal wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan en hulle volkome vernietig; niks wat asemhaal het oorgebly nie. Hatzor het hy met vuur verbrand.

12. Y’hoshua het al die stede van hierdie konings en al hulle konings met die skerpte van die swaard verslaan en hulle volkome vernietig, soos Moshe, die dienskneg van יהוה, beveel het.

13. Yisra’el het egter nie enige stad, wat op hulle hoogtes lê, verbrand nie, behalwe Hatzor alleen, wat Y’hoshua verbrand het.

14. Al die buit van hierdie stede en die vee het die seuns van Yisra’el vir hulleself gevat as plunder, maar al die mense het hulle met die skerpte van die swaard doodgemaak totdat hulle hul vernietig het. Hulle het niemand wat asemhaal, laat oorbly nie.

15. Net soos יהוה Moshe, Sy dienskneg, beveel het, so het Moshe Y’hoshua beveel en so het Y’hoshua gedoen; hy het niks nagelaat van alles wat יהוה vir Moshe beveel het nie.

16. So het Y’hoshua dan daardie hele land ingeneem: die Bergland, die hele Suidland, die hele land Goshen, die Laagland, die Vlakte en die Bergland van Yisra’el met sy laaglande;

17. vanaf die berg Halak, wat oploop in die rigting van Se’ir, so ver as tot by Ba’al-Gad in die L’vanonvallei aan die voet van die berg Hermon. Hy het al hulle konings gevang, hulle neergeslaan en hulle doodgemaak.

18. Y’hoshua het vir ’n baie lang tyd met al hierdie konings oorlog gemaak.

19. Daar was nie ’n stad wat met die seuns van Yisra’el vrede gesluit het nie, behalwe die Giviete, wat in Giv’on gebly het; hulle het hul almal deur gevegte oorgeneem,

Y'hoshua 11