23. Hulle het so gedoen en daardie vyf konings uit die grot na hom toe gebring: die koning van Yerushalayim, die koning van Hevron, die koning van Yarmut, die koning van Lakhish en die koning van `Eglon.
24. Toe hulle daardie konings uitgebring het na Y’hoshua toe, roep Y’hoshua al die manne van Yisra’el en sê aan die bevelvoerders van die krygsmanne wat saam met hom gegaan het: “Kom nader, sit julle voete op die nekke van hierdie konings.” Hulle het nader gekom en hul voete op hulle nekke gesit.
25. Toe sê Y’hoshua vir hulle: “Wees nie bevrees of ontsteld nie. Wees onveranderlik sterk en dapper, want so sal יהוה met al julle vyande doen teen wie julle veg.”
26. Daarna het Y’hoshua hulle neergeslaan en hulle doodgemaak en hulle aan vyf bome opgehang en hulle het aan die bome bly hang tot die aand toe.Deut 21:23 en in die grot te gooi waarin hulle weggekruip het en hulle het groot klippe voor die ingang van die grot gepak, tot vandag toe.
27. Dit het gebeur teen sononder dat Y’hoshua bevel gegee het om hulle van die bome af te haal
28. Daardie dag het Y’hoshua Makkedah oorgeneem en dit en sy koning met die skerpte van die swaard verslaan; hy het dit en almal wat daarin was volkome vernietig. Hy het niemand laat oorbly nie. So het hy met die koning van Makkedah gedoen net soos hy met die koning van Yerigo gedoen het.
29. Toe trek Y’hoshua en die hele Yisra’el saam met hom van Makkedah af na Livnah en het teen Livnah geveg.
30. יהוה het dit ook saam met sy koning in die hand van Yisra’el gegee en hy het dit en almal wat daarin was met die skerpte van die swaard verslaan. Hy het geen oorlewendes daarin laat bly nie. So het hy met sy koning gedoen net soos hy met die koning van Yerigo gedoen het.
31. Y’hoshua en die hele Yisra’el, saam met hom, het aangegaan vanaf Livnah na Lakhish en het by dit gekamp en daarteen geveg.
32. יהוה het Lakhish in die hand van Yisra’el gegee en hy het dit op die tweede dag ingeneem en dit en almal wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan net soos hy met Livnah gedoen het.
33. Toe trek Horam, die koning van Gezer, op om Lakhish te help en Y’hoshua het hom en sy volk verslaan totdat hy geen oorlewendes agter gelaat het nie.