Yesha'yahu 59:19-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. So sal hulle die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה vrees van die weste af en Sy lof, eer en aanbidding vanaf die opgaan van die son, want die onderdrukker sal kom soos ’n stormende stroom en die Gees van יהוה sal hom verneder.Yes 49:7; Rom 11:26

20. “’n Loskoper sal na Tziyon toe kom en na die wat in Ya’akov wegdraai van oortreding,” verklaar יהוה.

21. “Wat My betref, hierdie is My verbond met julle,” sê יהוה: “My Gees wat op jou is en My woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal nie uit jou mond uitwyk nie en ook nie uit die mond van jou nageslag en ook nie uit die mond van jou nageslag se nageslag nie,” sê יהוה, “van nou af en vir ewig.

Yesha'yahu 59