Yesha'yahu 29:9-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hulle is stomgeslaan en verblind, hulle word gepla en steier; hulle word dronk, maar nie van wyn nie; hulle steier, maar nie van sterk drank nie,Deut 29:3,4; Yes 6:9; Yeg 12:2; Mat 13:14,15; Yog 12:40; Rom 11:8 die sieners, wat die geheime sien, toegemaak.

10. want יהוה het ’n gees van diepe slaap oor hulle uitgegooi en dit het hulle oë, asook die oë van die profete en heersers,

11. Die hele visioen sal vir julle wees soos die woorde van ’n geseëlde boek wat, wanneer hulle dit vir iemand gee wat kan lees en sê: “Lees hierdie asseblief,” sal hy sê: “Ek kan nie, want dit is geseël.”

12. Dan sal die boek vir iemand gegee word wat nie kan lees nie, met die woorde: “Lees hierdie asseblief,” en hy sal sê: “Ek kan nie lees nie.”Mat 15:8,9; Mar 7:6,7

13. Toe het יהוה gesê: “Omdat hierdie volk naderkom met hulle woorde en My eer met hulle lippediens, maar hulle hul verstand, wil en emosie ver van My verwyder is en hulle respekvolle vrees vir My uit ’n aangeleerde tradisie bestaan;Luk 10:21; 1 Kor 1:19

14. let op, sal Ek weereens wonderlik handel met hierdie volk, wonderbaarlik wonderlik en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan en die onderskeiding van hul onderskeidende manne sal weggesteek word.”

15. Wee hulle wat hul planne diep wegsteek vir יהוה, wie se werk in duisternis plaasvind en sê: “Wie sien ons” en “wie ken ons?”Yes 45:9; Rom 9:20

16. Julle draai dinge om! Moet die pottebakker as gelyk met die klei beskou word sodat wat gemaak is vir sy maker kan sê: “Hy het my nie gemaak nie,” of wat gevorm is vir hom wat hom gevorm het kan sê: “Hy het geen begrip nie?”

17. Is dit nie net nog ’n baie kort rukkie voordat die L’vanon in ’n vrugbare land verander word en die vrugbare land as ’n woud beskou word nie?Mat 11:5

18. In dié dag sal die dowes woorde uit ’n boek hoor en uit hulle donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien.

19. Die geteisterdes sal ook hulle vreugde in יהוה vergroot en die behoeftiges onder die mense sal in die rondte swaai van vreugde in die Afgesonderde van Yisra’el,

20. want die gewetenlose sal tot ’n einde kom en die spotter sal ophou. Inderdaad sal almal wat ingestel is om wetteloos te wees afgesny word;

21. hulle wat ’n mens laat aankla deur ’n woord en strikke span vir hom wat vir die reg oordeel in die poort en die regverdige met betekenislose argumente bedrieg;Deut 32:6

Yesha'yahu 29