Yesha'yahu 16:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die profesie oor die res van die land: “Ek sal die seun van die regeerder van die land, vanaf Selah, (die Rotsstad) in die wildernis, na die berg van die dogter van Tziyon stuur,

2. dan sal die dogters van Mo’av wees soos voëls wat vlug, ’n nes uitmekaar gejaag, by die driwwe van die Arnon.

3. Gee advies, maak ’n besluit, gooi jou skaduwee soos die nag oor die middel van die dag, steek die uitgeworpenes weg, moenie die vlugteling verraai nie!

4. Laat die uitgeworpenes van Mo’av by jou bly; wees ’n skuilplek vir hulle teen die vernietiger, want die afperser het tot ’n einde gekom, verwoesting het opgehou, onderdrukkers is heeltemal weg uit die land!Yes 9:7; Dan 7:14,27; Mik 4:7; Luk 1:33

5. ’n Troon sal selfs opgerig word in liefdevolle omgee en ’n Regter sal in Dawid se tent in vertrouenswaardigheid daarop sit; meer nog, Hy sal regverdige oordeel soek en gou wees in onpartydige opregtheid.

6. Ons het gehoor van die trotsheid van Mo’av, ’n oormatige trots; van sy arrogansie, trotsheid en woede; sy ydele grootpratery is vals.Yir 48:20

7. Mo’av sal daarom huil, almal sal oor Mo’av huil, want die fondasies van die mure is vernietig; sekerlik kerm hulle soos dié wat siek is,

8. want die velde van Heshbon het verwelk, die wingerde van Sivmah; die meesters van die nasies het sy keurtrosse vertrap, wat so ver as Ya’zer gekom het en in die woestyne ingedwaal het; sy ranke het hulleself uitgesprei en oor die see gegaan;Yir 48:32,33

9. daarom sal Ek jou bitterlik laat huil met die huil van Ya’zer, vir die wingerd van Sibmah; Ek sal jou deurdrenk met jou trane, Heshbon en El’aleh, want die uitroepe oor jou somervrugte en jou oes het weggeval.

Yesha'yahu 16