Yesha'yahu 1:14-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Ek haat julle Nuwemaanfeeste en julle aangestelde feestye; hulle het vir My ’n las geword; Ek is moeg om dit te dra.1 Tim 2:8 sal Ek My oë vir julle toemaak; ja, selfs al vermenigvuldig julle gebede, Ek sal nie luister nie. Julle hande is oortrek met bloed.

15. Wanneer julle jul hande uitsprei,Ya’a 4:8; 1 Yog 1:7-9 verwyder die boosheid van julle dade uit My sig. Hou op om boos te doen,

16. Was julleself, maak julleself skoon;Ya’a 1:27

17. leer om goed te doen; soek regverdige oordeel, bestraf die gewetenlose, verdedig die weeskinders, verdedig die saak van die weduwee.Ps 51:9

18. Kom nou en laat ons saam redeneer,’ sê יהוה: ‘Alhoewel julle sondes soos skarlaken is, sal dit so wit wees soos sneeu; alhoewel hulle so rooi is soos karmosyn, sal dit wees soos wol.

19. As julle inwillig en gehoorsaam, sal julle die beste van die land eet,

20. maar as julle weier en rebelleer, sal julle deur die swaard verteer word. Waarlik, die mond van יהוה het gepraat.

21. Hoe het die getroue stad ’n hoer geword! Sy was vol regverdige oordeel! Onpartydige opregtheid het eens in haar gewoon, maar nou moordenaars!Spr 25:4 jou wyn vermeng met water.

22. Jou silwer het afsaksels geword;

23. Jou heersers is rebelle en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag agter belonings aan. Hulle verdedig nie die weeskinders nie en die saak van die weduwee kom ook nie voor hulle nie;’

Yesha'yahu 1