8. Hy het vir my gesê: “Seun van ’n mens, grawe nou deur die muur.” Ek het deur die muur gegrawe en let op, ’n ingang.
9. Hy het vir my gesê: “Gaan in en sien die bose verwerplikhede wat hulle hier doen.”
10. Ek het ingegaan en gekyk en let op, elke vorm van kruipende ding en wilde diere, verwerplike dinge, saam met al die afgode van die huis van Yisra’el is op die mure reg rondom uitgekerf.
11. Voor hulle het sewentig oudstes van die huis van Yisra’el gestaan, met Ya’azanyahu, die seun van Shafan, tussen hulle, elkeen met sy wierookpot in sy hand en die geur van die wolk van wierook het opgestyg.
12. Toe sê Hy vir my: “Het jy gesien, seun van ’n mens, wat die oudstes van die huis van Yisra’el in die donkerte doen, elkeen in sy kamer van uitgekerfde beelde? Want hulle dink: ‘יהוה sien ons nie; יהוה het die land verlaat.’”
13. Hy sê ook vir my: “Tog sal jy nog groter verwerplikhede sien wat hulle doen.”
14. Toe het Hy my gebring na die noordelike ingang van die poort van die huis van יהוה en let op, vroue het daar gesit en huil vir Tammuz.
15. Hy sê vir my: “Het jy dit gesien, seun van ’n mens? Tog sal jy nog groter verwerplikhede sien as hierdie.”Yeg 43:8