Yegezk'el 8:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het in die sesde jaar, op die vyfde dag van die sesde maand terwyl ek in my huis sit en die oudstes van Y’hudah voor my sit, gebeur dat die hand van יהוה-God daar op my val.

2. Ek kyk toe en let op, iets wat gelyk het soos ’n mens: vanaf Sy lendene en ondertoe het Hy gelyk soos vuur en van Sy lendene af en boontoe soos helderheid, soos gepoleerde metaal.

3. Hy steek, wat die vorm van ’n hand het, uit en gryp my aan my bos hare op my kop en die Gees het my opgelig tussen aarde en hemel en my in die visioene van God na Yerushalayim gebring, na die ingang van die binnekant by die noordelike poort, waar die setel van die afgod van jaloesie, wat opwek tot jaloesie, was.

4. Let op, die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van die God van Yisra’el was daar, soos die verskyning wat ek in die vlakte gesien het.

5. Toe sê Hy vir my: “Seun van ’n mens, lig nou jou oë op in die rigting van die noorde.” Ek het my oë opgeslaan in die rigting van die noorde en let op, aan die noordekant van die altaarpoort was daar die afgod van jaloesie by die ingang.Mat 24:15; Mar 13:14

6. Hy sê vir my: “Seun van ’n mens, sien jy wat hulle doen, die groot verwerplikhede wat die huis van Yisra’el hier doen dat Ek ver van My Afgesonderde Plek af moet wees? Tog sal jy nog groter verwerplikhede sien.”

7. Toe bring Hy my by die ingang van die hof en toe ek kyk, let op, ’n gat in die muur.

8. Hy het vir my gesê: “Seun van ’n mens, grawe nou deur die muur.” Ek het deur die muur gegrawe en let op, ’n ingang.

9. Hy het vir my gesê: “Gaan in en sien die bose verwerplikhede wat hulle hier doen.”

10. Ek het ingegaan en gekyk en let op, elke vorm van kruipende ding en wilde diere, verwerplike dinge, saam met al die afgode van die huis van Yisra’el is op die mure reg rondom uitgekerf.

11. Voor hulle het sewentig oudstes van die huis van Yisra’el gestaan, met Ya’azanyahu, die seun van Shafan, tussen hulle, elkeen met sy wierookpot in sy hand en die geur van die wolk van wierook het opgestyg.

12. Toe sê Hy vir my: “Het jy gesien, seun van ’n mens, wat die oudstes van die huis van Yisra’el in die donkerte doen, elkeen in sy kamer van uitgekerfde beelde? Want hulle dink: ‘יהוה sien ons nie; יהוה het die land verlaat.’”

13. Hy sê ook vir my: “Tog sal jy nog groter verwerplikhede sien wat hulle doen.”

Yegezk'el 8