11. Die efa en die bat moet ’n vaste hoeveelheid wees sodat ’n bat ’n tiende van ’n homer bevat en die efa ’n tiende van ’n homer; hulle standaard sal wees volgens die homer.
12. Die sikkel moet twintig gerah wees; twintig sikkels, vyf en twintig sikkels en vyftien sikkels sal vir julle ’n maneh wees.
13. Dit is die offer wat julle moet offer: ’n sesde van ’n efa van ’n homer koring; ook ’n sesde van ’n efa van ’n homer gars
14. en die voorgeskrewe deel van olie: van ’n bat olie, ’n tiende van ’n bat uit ’n kor, dit is tien bat of ’n homer, want tien bat is ’n homer.
15. Een skaap uit ’n trop van twee honderd vanaf die waterdrinkplekke van Yisra’el; as graanoffer, brandoffer en vredesoffers om toedekking te doen vir hulle,” verklaar יהוה-God.
16. “Al die mense van die land moet aan die prins in Yisra’el vir hierdie offer gee.
17. Dit sal die prins se deel wees om die brandoffers, die graanoffers en die drankoffers op die feeste en op die Nuwemane en op die Shabbatte, op al die aangestelde feeste van die huis van Yisra’el, te voorsien; hy moet die sondoffer, die graanoffer, die brandoffer en die vredesoffers voorsien, om toedekking te doen vir die huis van Yisra’el.”
18. So sê יהוה-God: “In die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy ’n jong bul sonder gebrek vat en die Afgesonderde Plek reinig.
19. Die priester moet van die bloed van die sondoffer vat en dit aan die deurposte van die huis sit, aan die vier hoeke van die rand van die altaar en aan die deurposte van die poort van die binneste hof.
20. Jy moet so maak op die sewende van die maand vir die wat verkeerd doen of afdwaal; so moet julle dan toedekking doen vir die huis.