Rigters 6:30-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Toe sê die manne van die stad vir Yo’ash: “Bring jou seun uit, hy moet sterf omdat hy die altaar van Ba’al omgegooi het en inderdaad omdat hy die afgesonderde boomstam wat langs dit was, afgekap het.”

31. Yo’ash sê egter vir almal wat teenoor hom staan: “Wil júlle vir Ba’al veg, of wil julle hom bevry? Wie ook al vir hom pleit, sal teen die oggend doodgemaak word. As hy ’n god is, laat hy vir homself veg omdat iemand sy altaar afgebreek het.”

32. Hy het hom daarom op daardie dag Yeruba’al genoem, dit is te sê: “Laat Ba’al teen hom veg” omdat hy sy altaar afgebreek het.

33. Toe het al die Midyaniete, die `Amalekiete en die seuns van die Ooste hulleself bymekaargebring en oorgetrek en in die vallei van Yizre’el gekamp.Yog 14:17 en hy het op die ramshoring geblaas en Yizre’el het sy goedkeuring uitgeskreeu.

34. Die Gees van יהוה het op Gid’on gekom

35. Hy het boodskappers regdeur M’nasheh gestuur en hulle is ook bymekaar geroep om hom te volg; hy het ook boodskappers na Asher, Z’vulun en Naftali gestuur en hulle het opgekom om hom te ontmoet.

36. Toe sê Gid’on vir God: “As U Yisra’el deur my sal bevry, soos U gesê het,

37. let op, ek sal ’n wolvlies op die dorsvloer neerlê. As daar net op die vlies dou is en al die grond droog is, dan sal ek weet dat U Yisra’el deur my sal bevry, soos U gesê het.”

38. Dit was so. Toe hy vroeg die volgende oggend opstaan en die vlies uitwring het hy ’n kom vol water van die dou uit die vlies uitgedruk.

39. Toe sê Gid’on vir God: “Laat U woede nie teen my ontvlam nie dat ek nog ’n keer mag praat; laat my asseblief nog ’n toets doen met die vlies; laat dit nou op die vlies alleen droog wees en laat daar oral op al die grond dou wees.”

40. יהוה het so gedoen daardie nag: dit was droog op die vlies alleen en oral op die grond was daar dou.

Rigters 6