Psalms 69:10-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Wanneer ek my lewe verneder en gedissiplineer het deur te vas, was dit tot my vernedering.

11. Ek het ook ’n roukleed my klere gemaak en ’n spreekwoord vir hulle geword.

12. Hulle wat in die poort sit, praat teen my en ek was die lied van die dronkaards,

13. maar wat my betref, my gebed is tot U, o יהוה; op ’n aanvaarbare tyd, o God, in U oorvloedige onverdiende guns, antwoord my, in U oorvloedige redding!

14. Bevry my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my bevry word uit die diep waters en van hulle wat my haat.

15. Laat die watervloed nie oor my stroom en ook die dieptes my nie insluk nie en laat die put nie sy mond oor my toemaak nie!

16. Antwoord my, o יהוה, want U liefdevolle sagtheid is goed; draai na my met die oorvloed van U liefdevolle omgee.

17. Verberg nie U gesig vir U kneg nie, want ek is in die moeilikheid. Antwoord my gou!

18. Kom nader aan my lewe en koop dit los; bevry my as gevolg van my vyande.

19. U ken my verwerping en my skande en my vernedering word versprei voor al my vyande.

20. O, genees my gebroke binneste en verbind dit. Ek het sommiges gesoek om my jammer te kry, maar daar was niemand nie; vir vertroosters, maar het niemand gevind nie.Mat 27:48; Mar 15:36; Luk 23:36

Psalms 69